upload_9_0
Het jy gehoor?

Rihanna vier Nivea se 100 jaar

SARIE se skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, vertel uit Hamburg, Duitsland, dat Rihanna pas op die Nivea Blue Boat voor ’n uitsoekgehoor opgetree en onder meer haar nuwe liedjie, “California King Bed”, gesing het.  

Rihanna, wat in Maart as die gesig van die skoonheidshuis se 100ste verjaarsdag aangewys is, sal deur die loop van die jaar haar verskyning by talle van die Nivea 100-jarige vieringe maak.

Mariska vertel: “Rihanna het die gehoor getrakteer op ‘n paar van haar grootste treffers! Haar voorkoms was net so ‘vuurwarm’ met haar bloedrooi hare glad agtertoe gebind met woeste krulle agter tot op haar rug.”

Sy het ook onlangs haar eie parfuum, Reb’l Fleur, vrygestel, berig popcrush.com.

Hier is die advertensie vir haar parfuum:


Lees meer oor haar en Nivea se nuutste navorsing in SARIE se Augustus 2011-uitgawe.

Kyk hier na die musiekvideo van “California King Bed”