FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Rihanna kry ’n bob!

Riri, wat vroeër vanjaar deur Suid-Afrika getoer het, het ’n paar foto’s van haarself op Instagram gedeel met ’n splinternuwe haarstyl!

Naelkuns soos Rihanna s’n 

Op hierdie “selfies” (foto’s wat jy van jouself neem, gewoonlik met jou slimfoon met die doel om dit op sosiale media te laai) spog die Grammy-bekroonde sangeres met ’n splinternuwe bob!

 

“Selfie” is Oxford Dictionaries se woord van die jaar

Rihanna se kort bob met ’n lang, reguit kuif is kenmerkend van die sangeres se waaghalsige, trendy styl.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

M.A.C verkoop Riri-grimering

Jennifer Aniston het ook onlangs haar hare in ’n bob gesny, terwyl Lily Collins, die nuwe gesig van Lancôme, deesdae ’n lang bob dra.

Selfs Claire Danes (Carrie Mathison in die TV-reeks Homeland) het by vanjaar se Emmy-toekennings ’n kort bob gedra.

people_claire_danes_630wKry Rihanna se voorkoms

Rihanna is een van ’n rits bekendes wat die laaste tyd hul hare gesny het. Die aktrises Jennifer Lawrence en Pamela Anderson het almal onlangs hul hare in die pixie-styl gesny.

Was Jennifer Lawrence se Dior-rok ’n stylflater?

Met al hierdie nuwe kort kapsels lyk dit asof die bob en die pixie dié seisoen se groot haarstyle gaan wees. Watter voorkoms is jóú gunsteling?