FOTO: M.A.C

Het jy gehoor?

Rihanna nuwe gesig van bekende skoonheidsveldtog

Die sangeres Rihanna het nie net verlede jaar in Suid-Afrika kom kuier nie, maar ook twee beperkte grimeerreekse saam met M.A.C geskep. En nou is sy te sien as dié skoonheidshuis se nuwe Viva Glam-ambassadeur!

Die Viva Glam-veldtog is in 1994 gestig ten bate van die M.A.C Aids Fund om vigslyers en dié wat deur die siekte geaffekteer word by te staan. Hulle stel deurgaans ’n spesiale lipstiffie en lipglans bekend waarvan die volle verkoopbedrag aan die fonds geskenk word. En elke keer is daar ’n nuwe ambassadeur!

FOTO: M.A.C

FOTO: M.A.C

Dié keer stel hulle ’n rooi lipstiffie en lipglans bekend met ’n blou ondertoon (perfek as jou vel ’n koue ondertoon het) met RiRi as die gesig van die nuutste veldtog.

* Kies só die regte rooi lipstiffie:

http://www.sarie.com/skoonheid/het-jy-gehoor-skoonheid/sarie-beantwoord-j-u-skoonheidsvraag-wat-is-die-regte-rooi-lipstiffie-vir-my/

Ander bekendes wat al die gesig van die Viva Glam-veldtog was, sluit in Elton John, Linda Evangelista, Lady Gaga, Nicki Minaj, Ricky Martin, Lisa Marie Presley, Debbie Harry en Pamela Anderson.

* Beskikbaar vanaf 6 Februarie.

FOTO: M.A.C

FOTO: M.A.C

HET JY GEWEET?

  • Rihanna is op 20 Februarie 1988 in Barbados gebore.
  • Sy het al 7 albums uitgereik. En sy is nou maar eers 25 jaar oud!
  • RiRi het al 6 Grammy’s, 8 American Music Awards, 11 Billboard Music Awards, 7 MTV Music Awards en 7 People’s Choice Awards gewen.
  • Sy en die sangeres Katy Perry is goeie vriendinne.
  • Sy het al ’n modereeks vir Armani ontwerp.
  • Rihanna het in 2012 die nuustydskrif Time se lys van 100 invloedrykste mense gehaal.