FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Kry Rihanna se voorkoms!

Suid-Afrikaners het Sondag 13 Oktober vir Rihanna in SA verwelkom. Sy het in Johannesburg opgetree, en is Woensdag in Kaapstad te sien! Ons wys jou hoe om Rihanna in die styl van dié Grammy-bekroonde sangeres te vier!

Die T-hemp

Rihanna is mal oor T-hemde en dra dit gereeld met verskillende items in haar klerekas. T-hemde is beslis van die gemaklikste klerekas items en is uiters veelsydig. Soek T-hemde wat met jou styl ooreenstem en dra dit met items wat gepas is vir die okasie.

Rihanna se styl skrik vir niks! Sy speel met kleure en vat gereeld kanse! Al is jy dalk nie so waaghalsig nie, kan jy steeds ’n paar van haar stylwenke maak werk vir jou!

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Dra dít konsert toe!

Vir ’n musiekkonsert, kies ’n gemaklike T-hemp en ’n denimbroek wat enige iets kan weerstaan.

Dit is ook ’n goeie idee om ’n handsak te neem wat oor jou lyf hang en stewig toe maak. Kies groter en bonkige juwele, want fyn juweliersware sal dalk breek of beskadig.

Hierdie uitrusting is ook nie net vir buitelug konserte nie. ’n Mooi paar hakke sal dit neem van dag na nag!

Lees hier van die bekende model wie se klere in SA te koop sal wees!

Humming Bird Tee (links) en Medium-Wash Skinny jeans (regs)

Ripple necklace (links) en Patent heels with ankle strap (regs)

Multi-function bag

Dramatiese lippe

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

 

Die sangeres lyk gewoonlik stylvol en sexy met ‘n dramatiese lipstiffie, nes ‘n rocker. Kyk net hoe treffend was die helderrooi skakering wat sy vroeër die jaar met die Grammy-toekennings gedra het. Dra jou dramatiese rooi lip saam met ligte, neutrale grimering en wend jou oogomlyner in ‘n dik lyn teen jou boonste ooglid aan om die voorkoms finaal af te rond.

Kies die regte rooi lipstiffie vir jou gelaat

Kantoor met ’n twist

af82803aae3011e28c7c22000a1fb876_7

Meng en pas verskillende materiale by mekaar! ’n Potloodromp, soos hierdie leer-romp van Rihanna, is altyd vleiend en wys jou vroulike kurwes! Dra die stywe romp saam met ’n lospassende t-hemp om die uitrusting balans te gee.

Rihanna se hakke rond die uitrusting af deur dit ’n gesofistikeerde aanslag te gee.

Volg haar voorbeeld en kies ’n hoed, baadjie en sonbrille wat by jóú styl sal pas!

Só lyk jy stadsjiek!

Knit Cardigan (links) en Pencil skirt with front pockets (regs)

Ivory High heels (links) en Cat-eye sunglasses (regs)

Sag en glansend vir werk

FOTO: expresionesDie dramatiese voorkoms is egter nie die enigste grimeerstyl wat Rihanna vly nie. Die sangeres lyk net so mooi met sagte, glansende grimering soos op die voorblad van die tydskrif Expresiones in Equador se uitgawe vir 12 September 2013. Op dié voorblad lyk Rihanna glansend met ‘n ligte skakering oogskadu op haar ooglid en ‘n donkerder skakering wat in die vou van die ooglid ingesmeer is. Die ligtepienk blosser pas perfek by die sagte skakering lipglans op haar lippe. Dié voorkoms lyk modern én professioneel – perfek vir die kantoor!

 

Dis verbronser wat Rihanna se vel so glansend maak. Ons wys jou hoe!