Het jy gehoor?

Rokerige oë ‘n wenner by die 2011 Emmy-toekennings

Kyk na ons drie gunsteling-voorkomste:

‘n Rokerige oog met ‘n naakkleur (nude) lip plaas die fokus op Nina Dobrev (The Vampire Diaries) se pragtige bruin oë. Haar hare is met ‘n kantpaadjie los na een kant toe gedra vir ’n sjiek en glansryke voorkoms.

Cat Deeley Natuurlik is in! Cat Deeley (So You Think You Can Dance) het gewys ‘n vars voorkoms kan net so goed werk op die rooi tapyt met ‘n naakkleur (nude) lipglans, baie maskara en sagte krulle.
Kelly MacDonald Nóg ‘n gunsteling-voorkoms was om die rokerige oog by ligpienk lippe te dra, soos Kelly Macdonald (Boardwalk Empire). Sy het dit met ’n sagte opkam-haarstyl afgerond.