Het jy gehoor?

“Rooi lipstiffie het my lewe verander toe…”

“Angelina Jolie se rooi lippe by vanjaar se Golden Globe-toekennings het my absoluut betower. Dit was hierdie fantastiese 40’s-geïnspireerde voorkoms,” sê Natasha Bennett, kommunikasie-bestuurder van Clinique

Hoekom is daar hernude belangstelling om rooi lipstiffie te dra?
Dis so ‘n integrerende deel daarvan om vroulik te voel.

Hoe laat rooi lipstiffie jóú voel?
Die kleur op my lippe gee my krag en laat my sterk voel, maar op ‘n subtiele, mooi manier. Dita von Teese is my lipstif-inspirasie!

In jou April-SARIE wys ons jou die top-3 rooi lifstiffies vir 2012