FOTO Verskaf deur Chanel

FOTO Verskaf deur Chanel

Het jy gehoor?

Rooi op jou wimpers!

Maskara in skakerings van blou, pers en groen het ons oor die jare al gesien … maar ’n róói maskara? Dís ongewoon! Die mode- en skoonheidshuis Chanel stel binnekort ’n splinternuwe grimeerreeks bekend wat sowaar ’n rooi maskara insluit.

Die passie en opwinding van die kleur rooi was die inspirasie vir Chanel se Le Rouge Collection No.1. En volgens Lucia Pica, die huis se internasionale kreatiewe direkteur van grimering en skepper van die reeks, wou hulle ’n rooi maskara skep om die unieke rooi skakerings van die reeks se oogskadu’s en oogomlyners mooi af te rond, het sy aan die Britse Vogue gesê.

“Ons wou speel met die kleur en iets onverwags doen.”

In die advertensieveldtog vir die reeks spog die Hollywood-aktrise Kristen Stewart met dié maskara-skakering, genaamd Subversif, wat net vir ’n beperkte tyd beskikbaar gaan wees. Dit gee aan jou wimpers ’n donker maroen-rooi kleur vir ’n sexy en gewaagde oogvoorkoms.

FOTO: Verskaf deur Chanel

FOTO Verskaf deur Chanel

Kyk ook na dié video:

Te veel rooi grimering op jou oë kan jou maklik moeg en siek laat lyk. As jy met dié maskara-skakering op jou wimpers wil eksperimenteer, hou die volgende wenke in gedagte:

• ’n Rooibruin maskara fokus die aandag dadelik op jou. Hou daarom die res van jou ooggrimering subtiel en eenvoudig. Al wat nog nodig is, is ’n swart oogomlyner en rooi lipstiffie.

• Moenie ander helder kleure op jou oë saam met ’n rooibruin maskara dra nie. Skep eerder sagte rokerige oë met oogskadu-skakerings in swart en donkergrys sodat jou oë nie té donker lyk nie. Die maskara moet steeds die ster van jou voorkoms wees.

• As jy minder waaghalsig voel, wend ’n lagie swart maskara aan en wag tot dit droog is. Wend dan die rooibruin maskara net aan die punte van jou wimpers aan.

 

Chanel se Le Rouge Collection No.1 is vanaf Augustus beskikbaar in SA by uitsoekwinkels van Edgars. Pryse vanaf R415.

Chanel Dimension de Chanel Mascara in Subversif (R575)

Chanel Dimension de Chanel Mascara in Subversif (R575). Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

FOTO: Verskaf deur Chanel

FOTO Verskaf deur Chanel

Sal jy ’n rooibruin maskara dra?

  • JA
  • NEE

 

Bronne: www.vogue.co.uk, www.byrdie.co.uk, www.makeup.com

Lees nou

Só lyk Kim Kardashian se nuwe haarsnit!

Nuwe haartrend: Die sexy S-golf