FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

Het jy gehoor?

Ja, rooikoppe lyk jonger – dis bewys!

Vra enige natuurlike rooikop en sy sal bevestig dat sy al spot moes verduur oor haar vurige haardos. Nou wil dit lyk asof rooikoppe laaste lag … veral wanneer dit kom by jonger lyk!

EKSKLUSIEF: Jo groet 7de Laan

Navorsers aan die Erasmus-universiteit in Nederland het bevind dat dieselfde geen wat verantwoordelik is vir rooi hare en ’n ligte gelaat, jou ook jonger kan laat lyk as wat jy werklik is, berig die Sunday Times.

Vir dié studie is die gesigte van sowat 2 700 ouer mans en vroue bestudeer vir onder meer tekens van pigmentasie, donker vlekkies, fyn lyntjies en plooie. Daar is ook gekyk na hul gesigvorm en gelaatskleur. Dis bevind dat deelnemers met ’n spesifieke variasie van die MC1R-geen (’n geen wat bepaal of jy ’n ligte of donker gelaat het) ’n gemiddeld van twee jaar jonger lyk as wat hulle is.

Buiten jou velkleur speel die MC1R-geen ook ’n rol in ander liggaamsprosesse soos die vermindering van inflammasie en die herstel van DNA-skade. Dit is moontlik hoekom die geen ook gekoppel word aan ’n jeugdiger voorkoms.

Die rooikop Amalia Uys ons September-uitgawe se voorblad-ster, wat nóú te koop is!

SEPTEMBER 2016 Amalia Uys

Eerste kans!

Kyk Sy Klink Soos Lente eerste saam met SARIE en die akteurs – in samewerking met King Price! 8 September om 19:30 by die Atterbury-teater in Pretoria. Koop jou kaartjie HIER.

Klik HIER vir meer inligting.

2 SKSL_Fader_Premier

Interessante feite oor natuurlike rooikoppe:

20160509_Rooikop Infographic

Dis geen wonder van ons gunsteling-rooikoppe lyk so goed nie:

Nicole Kidman

 

Julianne Moore

 

Jessica Chastain

 

Amalia Uys

Having an awesome time as MC for the International Arts Talent Showcase 2015! @justyouartist

A photo posted by @amalia1uys on

Hiér deel Amalia ook wenke vir dik rooi hare

Het jy geweet?

Terwyl aktrises soos Nicole Kidman, Julianne Moore, Marcia Cross en ons eie Amalia Uys nog altyd met natuurlike rooi lokke spog, is daar ’n paar rooikop-bekendes wat al erken het dat hulle eintlik hul hare kleur. Ná al die jare wat kykers gedink het sy is ’n natuurlike rooikop, het aktrise Christina Hendricks, wat ’n rooikop-sekretaresse in die televisiereeks Mad Men speel, gebieg dat sy al haar blonde hare kleur vandat sy 10 jaar oud is. Debra Messing, van Will & Grace-faam, het erken dat sy as brunet geïgnoreer is en eers rolle begin kry het ná sy haar hare rooi gekleur het.

Christina Hendricks

Debra Messing

Microblading: Nuwe tegniek vir voller wenkbroue – kyk net hiér