mooi_wenkbroue
Het jy gehoor?

Ruk jou wenkbroue reg

Jy kan dit pluk, met was verwyder of permanent met laserbehandeling laat verwyder, sê Riekie Smit, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Estetiese en Teenverouderingsmedisyne.

Jou wenkbroue kan jou baie jonger – maar pasop, ook ouer – laat lyk. Europese navorsing wys ouer vroue verkies wenkbroue wat hoër sit. Maar dit verklap juis jou ouderdom! Ouer vroue se wenkbroue is van nature dun: Die binneste helfte (naby jou neus) sit hoër en die buitekanste hoeke daal. As jy jonger wil lyk, moet die binneste deel laag sit en die buitenste deel effens gelig word.

Moet ook nie jou wenkbroue te dun pluk nie. Die grootste skoonhede het duidelike, vol wenkbroue.

* Gee jou wenkbroue vorm met Tweezerman se Mini Slant Tweezer (R115), beskikbaar by Dis-Chem, of besoek www.browxpress.co.za. Jy kan ook jou wenkbroue regruk terwyl jy inkopies doen: Besoek Woolworths se Benefit Brow Bar by die Kaapse V&A Waterfront of by Sandton City in Johannesburg.