FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

SA aktrise internasionale gesig van velsorgmaatskappy

Die aktrise Josette Eales, jy sal haar dalk onthou as Sarah van Reenen in die sepie The Wild, wat tot einde Maart op M-Net te sien was, is onlangs aangewys as die wêreldwye ambassadeur van Bio-Therapeutic, ‘n Amerikaanse maatskappy wat velsorgprodukte en -tegnologie ontwikkel. 

“Josette is beeldskoon, skerp en vooruitdenkend,” sê Dena Suzuki, wat Bio-Therapeutic saam met haar man, David, begin het.

Volgens Josette is haar gunsteling-produk van Bio-Therapeutic die bt-Cocktail.

Josette (in die middel) by Dana en David Suzuki van Bio-Therapeutic. FOTO: Instagram

Josette (in die middel) by Dana en David Suzuki van Bio-Therapeutic.
FOTO: Instagram

SARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, het dié produkte getoets

Al Josette se produkte van Bio-Therapeutic. FOTO: Instagram

Al Josette se produkte van Bio-Therapeutic.
FOTO: Instagram

 

Josette woon deesdae in Los Angeles, waar sy tans saam met Adam Sandler en Drew Barrymore aan ’n nuwe rolprent, Blended, werk. Sy speel ’n masseuse in dié fliek, waarvan gedeeltes in Suid-Afrika verfilm is.

Drew gee grimeerwenke vanaf die stel van ’n fliek in SA

 

Josette het by ’n onlangse Halloween-partytjie in Hollywood vir Aaron Paul (Jesse Pinkman in die gewilde TV-reeks Breaking Bad) raakgeloop. Kyk net die oulike foto wat sy op Twitter en Instagram gedeel het!

Josette en Aaron Paul by 'n Halloween-partytjie. FOTO: Instagram

Josette en Aaron Paul by ‘n Halloween-partytjie.
FOTO: Instagram

Hier is nog ’n paar van Josette se Hollywood-foto’s.

Josette op die stel van 'n rolprent wat in Atlanta geskiet word.  FOTO: Instagram

Josette op die stel van ‘n rolprent wat in Atlanta geskiet word.
FOTO: Instagram