FOTO: Instagram (@bakedtheblog)

FOTO: Instagram (@bakedtheblog)

Het jy gehoor?

SA blogger pronk op tuishaarkleur-verpakking

Die Suid-Afrikaanse blogger Aisha Baker is verlede maand aangewys as die plaaslike gesig van die skoonheidshuis L’Oréal se Casting Crème Gloss-tuishaarkleurreeks. En nou pronk haar gesig ook op die SA verpakking van dié reeks se Chocolate Fudge-skakering.

Só lyk die Springbok-span vir die Rugbywêreldbeker

Dié donkerbruin skakering is spesiaal vir Aisha gekies as deel van ’n aanlyn kompetisie waar aanhangers tussen drie bruin haarkleurskakerings kon stem vir Aisha se perfekte kleur. Die tuishaarkleurreeks is ideaal vir wanneer jy jou natuurlike haarkleur net ’n bietjie wil opkikker omdat die kleurverandering subtiel is en dit binne sowat ses weke uitwas.

Die baard-trend: Dié ‘hunks’ is volgelinge

Die 25-jarige Aisha is bekend vir haar gewilde blog, Baked the Blog, waar sy gereeld stories oor onder meer haar lewe in Kaapstad en haar unieke modestyl deel. Kyk uit vir Aisha se wenskakering, L’Oréal Casting Crème Gloss Chocoaddict Ammonia-Free Hair Colour in Chocolate Fudge (R129), wat tans landwyd beskikbaar is.

loreal aisha baker hair colour

L’Oréal Casting Crème Gloss Chocoaddict Ammonia-Free Hair Colour in Chocolate Fudge

FOTO’s: 10 bekendes wat binnekort trou