SA Akteur Armand Aucamp met 'n 'man bun'
FOTO: Instagram  @armandaucamp

SA Akteur Armand Aucamp met 'n 'man bun' FOTO: Instagram @armandaucamp

Het jy gehoor?

SA mans versorg óók hulself

Die salongroep Sorbet het onlangs in ’n persverklaring aangedui dat skoonheidsbehandelings onder SA mans vinnig begin toeneem. En danksy die gewilde 50 Shades of Grey se supersexy en goed-versorgde Christian Grey gaan dié tendens net nóg meer gewild raak, meen dié trots Suid-Afrikaanse groep.

Die nuwe manshaarmode soos akteur Armand Aucamp (hooffoto)

Sorbet het verlede jaar in September hul eerste Sorbet Man-salon in Sandton, Johannesburg oopgemaak. Binne drie maande het die hoeveelheid rug-, bors- en maagwakse met 98% toegeneem! Daarby het die aantal pedikure vir mans met 54% toegeneem en die ‘manzillians’ (die Brasiliaanse-haarbehandeling vir mans) met 13%.

“Dis duidelik dat Christian Grey goed lyk omdat hy goed voel. En dis tog waaroor versorging gaan – ’n haarsny, haarkleur, manikuur, pedikuur, waks, gesigbehandeling en massering – dit alles laat jou fantasties voel,” sê die salongroep in die persverklaring.

FOTO: Sorbet

FOTO: Sorbet

Skoonheidsraad om by te hóú

Bederf vandag nog die man in jou lewe met dié skoonheidsprodukte spesiaal vir mans:

  1. DX Smooth Oil Control Face Wash (R40). By Clicks
  2. Vaseline Men Face Even Tone Expert (R20 vir 50 ml)
  3. Gillette Fusion ProGlide Clear Shave Gel (R65)
  4. Nivea Men Exfoliating Face Scrub (R60)
  5. Shield Men Invisible Black + White Roll-On Deodorant (R17)
  6. Schwarzkopf Gliss Ultimate Repair Shampoo en Conditioner (R53 elk)
  7. Sorbet Balancing Uplifting Body Wash (R43). By Clicks
  8. Tweezerman Nail Clipper Set (R170). By Dis-Chem
  9. Dolce & Gabbana Intenso (R865 vir 75 ml EDP)
  10. Thierry Mugler A*MEN Pure Wood (R860 vir 100 ml EDT). Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

 

 

Skoonheid se Oscar-sterre