FOTO: Nivea

Het jy gehoor?

SA radio-persoonlikheid gesig van velsorg-advertensieveldtog

Die SA radio- en TV-persoonlikheid Thando Thabethe is gekies as die Suid-Afrikaanse ambassadeur van die velsorghuis Nivea se splinternuwe advertensieveldtog. Dis die eerste keer dat ’n plaaslike gesig in ’n veldtog vir dié bekende velsorghuis sal verskyn.

Haar energieke persoonlikheid en natuurlike skoonheid maak dié 5FM-omroeper die perfekte ambassadeur vir die nuwe advertensieveldtog vir Nivea se Daily Essentials-velsorgreeks, sê Ella Mthethwa, bemarkingsbestuurder van Beiersdorf. “Thando verstaan dat natuurlike skoonheid by ’n gesonde vel begin.”

Blaas só nuwe lewe in jou velsorgroetine

Thando het dié foto ná die aankondiging op haar Instagram-profiel gedeel.

Met die nuwe veldtog wil Nivea vroue help om hul vel beter te verstaan deur ’n velsorgroetine te bied wat elkeen se natuurlike skoonheid na vore bring. “Hoewel Thando ’n bekende persoonlikheid is met ’n egte skoonheid, is sy ook net ’n gewone vrou. Soos die meeste ander vroue word sy nie elke dag met die perfekte vel wakker nie; haar vel het die regte produkte nodig om dit gesond te hou,” sê Mthethwa.

6 Stappe vir ’n jonger vel – lees meer!

Thando is onder andere bekend as die 5FM-verkeersomroeper weeksdae op The Roger Goode Show.

Sy sal van môre af in die Nivea Daily Essentials-advertensies te sien wees.

In die skoonheidstoor: Lyfrome vir ’n droë vel