FOTO: Sorbet

FOTO: Sorbet

Het jy gehoor?

SA skoonheidshuis binnekort ook in Londen

Die gewilde trots Suid-Afrikaanse skoonheidsonderneming Sorbet gaan binnekort hul eerste internasionale salon in Londen oopmaak. “Nie net is dit groot nuus vir ’n eg SA handelsnaam om internasionaal uit te brei nie, maar Sorbet-liefhebbers sal nou ook hul gunsteling-produkte en -dienste kan opsoek wanneer hulle reis,” sê dié groep in ’n persverklaring.

Alles te kry in jou Julie-uitgawe van SARIE

Die salon sal in Julie sy deure in Muswell Hill, Londen, oopmaak, waarna die onderneming beplan om later vanjaar nóg twee salonne in Engeland oop te maak.

“Ons doel is om in Brittanje te doen wat ons in SA gedoen het – om ons besoekers te vul met selfvertroue en genot,” sê Jade Kirkel, bemarkingsbestuurder van Sorbet.

FOTO: Sorbet

Die eerste internasionale Sorbet-salon maak binnekort in Londen oop! FOTO: Sorbet

5 kontroversiële en ikoniese tydskrifvoorblaie – lees meer!

Die internasionale Sorbet-salon sal, nes in SA, spog met ’n verskeidenheid manikure, pedikure, masserings en lyf- en gesigbehandelings. Aanhangers sal hul gunsteling-produkte uit die Dermalogica- en Environ-velsorgreekse daar kan koop en later sal Sorbet se eie reeks velsorgprodukte ook beskikbaar wees.

Die handelsnaam is vanjaar reeds 10 jaar oud. Vandag spog hulle met 126 salonne oor die hele Suid-Afrika, asook ’n splinternuwe Sorbet-velsorgreeks. Ná hul uitbreiding na Brittanje beoog die groep om ook salonne in Doebai oop te maak.

Binnekort sal Londenaars by hul eie Sorbet-salon kan ontmoet…

Behati Prinsloo gesig van dié nuwe parfuum…