FOTO: Instagram (@angelcandices)

FOTO: Instagram (@angelcandices)

Het jy gehoor?

SA supermodel nuwe gesig van gewilde parfuum

Ons eie bekende internasionale model Candice Swanepoel is onlangs aangewys as die splinternuwe gesig vir die mode- en skoonheidshuis Juicy Couture se gewilde parfuum Viva La Juicy.

Skoonheidsinspirasie: Oktober die seisoen van geur, kleur en styl

Dié eerste advertensie-foto is pas op Juicy Couture se Instagram-blad gedeel en dit wys Candice in ’n sagpienk rok en haar glansryke Viva La Juicy-parfuumbottel getooi met goue gelukbringers en ’n helderpienk strik om die doppie.

Join us in celebrating the new face of #VIVALAJUICY, @angelcandices!

A photo posted by Juicy Couture (@juicycouture) on

Viva La Juicy het in 2008 sy verskyning gemaak en is sedertien een van Juicy Couture se gewildste geure. Met topnote van wilde bessies, perske en sitrus, ’n hart van jasmyn en katjiepiering en soet basisnote van vanielje, karamel en pralien, is dit ’n speelse geur wat glans en pret uitstraal. Dis ook hoekom Candice die perfekte gesig vir dié speelse geur is – sy is die verpersoonliking van ’n borrelende “it-girl”, sê die skoonheidshuis in ’n persverklaring.

“Wat ek die meeste van Viva La Juicy hou, is dat ek dit van dag na aand kan dra. Of jy nou ’n dag saam met jou vriendinne deurbring of die aand uitgaan om te dans, dis die perfekte geur,” sê Candice oor die vrugtige blomgeur.

Candice Swanepoel val op New York-loopplank…

Die 26-jarige supermodel het naam gemaak toe sy in 2010 een van die gewilde Victoria’s Secret Angels geword het. Sy het al in advertensieveldtogte vir modehuise soos Tom Ford, Versace en Tommy Hilfiger verskyn. Die Amerikaanse tydskrif Maxim het ook verlede jaar haar aangewys as nommer een op hul Hot 100 List.

Juicy Couture Viva La Juicy (R1 050 vir 100 ml EDP) is tans in SA beskikbaar.

viva la juicy juicy couture

Juicy Couture Viva La Juicy (R1 050 vir 100 ml EDP)

 

Gewilde aanlynspeletjie inspireer nuwe parfuum – kan jy raai watter speletjie dit is?