serums
Het jy gehoor?

SARIE beantwoord jóú skoonheidsvraag: Hoe en wanneer gebruik ek ’n serum?

Is serum goed vir jou vel? Hoe en wanneer moet jy dit gebruik? – Rina Pottas

Leila Marx, ’n nasionale opleidingsbestuurder van Estée Lauder, antwoord:

’n Serum bevat meer aktiewe bestanddele as ’n vogroom en teiken onder meer veroudering, onegalige tekstuur, pigmentasie en ’n onegalige veltoon. Jou vogroom bevog die boonste laag van die epidermis terwyl ’n serum in die dieper lae van jou vel aktief is.

Wend jou serum in die oggend én in die aand voor jou vogroom aan of meng dit daarmee. So versorg jy jou vel behoorlik!

Serums vir mans

’n Man se vel verouder ook. Hulle het dieselfde probleme as vroue, maar sukkel dikwels ook met die effek van ’n skeermes op hul gesig wat inflammasie kan veroorsaak. Laat die man in jou lewe daarom ook ’n serum gebruik.