Het jy gehoor?

SARIE beantwoord jóú skoonheidsvraag: Wat is die regte rooi lipstiffie vir my?

Ek het donker hare, tog lyk rooi lipstiffie nie goed by my nie. Hoe werk dit? – Petro Kriel-Walters

Lauren Engelbrecht, verkoops- en opleidingsbestuurder van Smashbox antwoord:

Smashbox Megatint Long Wear Lip Colour in Cerise (R220)

Bo: Smashbox Megatint Long Wear Lip Colour in Cerise (R220)

Daar is ’n rooi lipstiffie vir elke vrou – jy moet net die regte skakering kry! Rooi lipstiffies het ’n warm of ’n koue ondertoon. ’n Oranje basis maak die lipstiffie warm terwyl ’n lipstiffie met ’n blou basis ’n koue ondertoon het. Het jou vel ’n warm of ’n koue ondertoon? Kyk net na jou polse! As jou are groen lyk het jy ’n warm ondertoon, en ’n blou skakering dui weer op ’n koue gelaat.

Kies altyd ’n lipstiffie wat jou veltoon komplementeer – warm op warm en koud op koud!

Smashbox High Shine Reflection Gloss in Firecracker (R200)

Bo: Lauren beveel aan dat jy die Smashbox High Shine Reflection Lip Gloss in Firecracker (R200) probeer. 

Dra jou rooi lip saam met ‘n rokerige oog – ons wys jou hoe!

Smashbox Be Legendary in Legendary (R195) Smashbox Be Legendary Lipstick in Grenadine (R195) Nog twee van Lauren se gunstelinge – Smashbox Be Legendary (R195) in Legendary (links) of Grenadine (regs).

Kies die perfekte rooi sό

  • Rooi lipstiffies met ’n warm ondertoon en oranje basis werk by ’n warm gelaat en swart of bruin hare.
  • Swart of bruin hare met ’n koel velondertoon lyk mooi by koue skakerings, soos kersierooi, pruim en wynrooi.
  • Blondines met ’n warm gelaat staan uit met koraal, oranje-rooie en koperskakerings.
  • Die blondine met ’n koue gelaat lyk op haar beste met ligte, koue rooie soos roospienk, pruimpienk en ligrooi roosskakerings.
  • Warm, helder lipstiffies met baie oranje werk die beste vir die rooikop wat ’n warm gelaat het.
  • Donker skakerings van pruim-, bessie- en baksteenrooi lyk fantasties by vroue met rooi hare en ’n koel velondertoon.
  • Vroue met ’n donker gelaat lyk mooi met donkerrooi lipstiffie en helderrooie werk by iemand met ’n olyfkleurige velondertoon. As jou vel bleek is, moet jy egter versigtig wees vir dramatiese rooie, want die verkeerde skakering kan jou gesig hard laat lyk.
  • ’n Koel, rooi lipstiffie maak gevlekte tande helder en witter.