image_310w
Het jy gehoor?

SARIE beantwoord jóú skoonheidsvraag: Hoe wend ek onderlaag aan sonder dat dit strepe maak?

Ons beantwoord vandag nog een van jou skoonheidsvrae …

Ek het vir die eerste keer ’n onderlaagborsel begin gebruik, maar dit maak strepe! Ek het raad nodig, asseblief! – @charmie710 op Twitter.

Samantha van Hasselt, nasionale opleidingsbestuurder van Shiseido, antwoord:

Nuuskierig oor serums? Ons wys jou hoe om dit te gebruik

Maak seker jy gebruik ‘n borsel met ‘n skerp punt om jou onderlaag aan te wend. Gebruik ook ’n sirkelbeweging wanneer jy jou onderlaag met ’n borsel aanwend. Begin aan die onderkant van jou gesig en werk boontoe. Druk die borsel sag teen merkies en vlekkies om dit te verbloem. Omdat die eerste haal altyd die meeste onderlaag op het, is dit slim om eerste onderlaag aan te wend op die deel van jou gesig wat die meeste bedekking nodig het. Van daar af kan jy die onderlaag inskakeer na die areas wat minder bedekking nodig het. Onthou ook om jou onderlaag in ’n afwaartse beweging aan te wend as daar fyn haartjies op jou gesig is. Dit sal voorkom dat die hare regop staan.

Sukkel jy om die regte rooi lipstiffie te kry? Hier’s raad!

Maak jou borsels minstens twee keer ’n week met grimering-verwyderaar of babasjampoe skoon. Dié produkte sal nie die borselhare beskadig nie.

Onderlaag met jou vingers, sponsie of ‘n borsel?

Dis moeilik om onderlaag eweredig aan te wend wanneer jy dit met jou vingers doen. Dit maak makliker strepe. ’n Sponsie is minder higiënies want dit absorbeer die onderlaag. Dit veroorsaak ook dat die kleurpigment verander sodat die kleur op jou sponsie donkerder is wanneer jy weer onderlaag aansit. ‘n Onderlaagborsel is egter ideaal, want dis maklik om skoon te hou. Die borselhare laat jou onderlaag in die boonste gedeeltes van jou porieë lê sodat dit makliker is om vlekkies en merkies te verbloem.