Parfuum
Het jy gehoor?

SARIE beantwoord jóú vraag: hoe kies ek parfuum?

Ons beantwoord vandag nog een van jul skoonheidsvrae.

Hoe weet ek wat is die regte parfuum vir my? Berna Grobler op Facebook.

Kerry Hewitt-Snyders, opleidingsbeampte van Proctor & Gamble, antwoord.

Parfuum

 

Dis moeilik om die regte parfuum te kies, maar die beste raad is om jouself drie vrae te vra – soek jy ’n geur vir die dag of vir die aand, watter tipe geure vind jy gewoonlik aanloklik, en hou jy van ‘n swaarder of ‘n meer subtiele parfuum?

Stoor jou parfuum reg, dan hou dit langer!

As jy ’n parfuum vir die dag soek, is skoon, vars geure gepas, terwyl warmer en meer intense parfuums gewoonlik goed werk in die aand of vir spesiale geleenthede. As jy van swaarder geure hou, is dit die beste om ’n parfuum of ’n eau de parfum (EDP)  te kies. ’n Eau fraiche en ’n eau de toilette (EDT) werk weer goed wanneer jy ’n ligte geur soek en nie omgee om dit deur die loop van die dag weer aan te spuit nie.

Parfuum

Wat is die verskil tussen EDT en EDP? Lees hier!

As jy die antwoorde op dié drie vrae het, kan jy bloot ’n parfuumkenner in die winkel vra om jou met die besluit te help.