FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Elmari de Vos

Het jy gehoor?

SARIE-leser wen by SA Modeweek

SARIE-leser Jana Marnewick het verlede Saterdag ’n ontwerpersrok van Craig Jacobs by die SA Modeweek in Johannesburg gewen!

Jana, ’n fotograaf van Durbanville in die Wes-Kaap, het vroeër die jaar ingeskryf vir ’n aanlynkompetisie van SARIE.com en L’Oréal ter viering van die nuwe L’Oréal False Lash Wings-maskara.

Jana Marnewick van Durbanville het 'n ontwerpersrok van Craig Jacobs by SA Modeweek gewen in 'n kompetisie wat SARIE.com saam met L'Oréal gehou het. FOTO: Elmari de Vos

Jana Marnewick van Durbanville het ‘n ontwerpersrok van Craig Jacobs by die SA Modeweek gewen in ‘n kompetisie wat SARIE.com saam met L’Oréal gehou het.
FOTO: Elmari de Vos

Sy was een van drie lesers wat ’n kaartjie gewen het om die vertoning van Craig Jacobs se Fundudzi-reeks op die SA Modeweek by te woon. Kort nadat sy haar sitplek in die voorste ry by die modeskou op die dak van The Zone in Rosebank ingeneem het, het Craig aangekondig dat sy die gelukkige wenner van sy pragtige skepping is.

“Ek was net so oorweldig en bly! Ek kan regtig nie beskryf hoe dit voel nie – ek het dit glad nie verwag nie,” het Jana Saterdagaand gesê.

FOTO: Liesl du Toit

FOTO: Liesl du Toit

Die inspirasie agter dié rok, wat van sy en chiffon gemaak is, was die vlerke en beweging van die Afrika-skoenlapper. Volgens Craig is die rok met die hand gekleur en geverf om die unieke patrone op die vlerke na te boots.

“Dit is verskriklik mooi!” sê Jana van die silwergrys rok, afgewerk met blou-en-grys patrone en net. Hoewel sy nog nie weet waarheen sy dié rok gaan dra nie, hoop sy dat daar binnekort ’n spesiale geleentheid sal opduik.

 

“Miskien is dit een van die dae modeweek in Kaapstad,” het sy gelag.

Bekendes soos Jena Dover (links onder), Zuraida Jardine en Shashi Naidoo (regs onder) was onder die modelle wat Craig se Herfs-Winterreeks vir 2014 op die loopplank gewys het.

Die vertoning is in samewerking met L’Oréal aangebied. Craig se eko-geïnspireerde modereeks, Fundudzi, is by Edgars Melrose Arch en Edgars Sandton City beskikbaar.