sr1211straat_praatjies
Het jy gehoor?

SARIE se afspraak met ‘Gossip Girl’, Blake Lively

Sowat ’n week vóór Blake Lively Mev. Ryan Reynolds geword het, het SARIE- skoonheidsredakteur Mariska van Rooyen (bo regs) haar by die stylvolle bekendstelling van Gucci se nuutste parfuum, Première (R835 vir
 50 ml EDP), ontmoet.

Blake is die gesig van Gucci se nuutste parfuum, Première, wat vroeg in September by die weelderige Hotel Cipriani in Venesië, Italië, bekendgestel is. Haar besoek aan Venesië het saamgeval met die Venesiese Filmfees en ja, Ryan Reynolds was saam met haar in die romantiese hawestad.

* Kyk uit vir die onderhoud met Blake in ons Januarie 2013-uitgawe.