FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Scarlett Johansson se nuwe haarstyl – FOTO

Blond, brunet of rooikop – aktrise Scarlett Johansson sukkel om nie mooi te lyk nie. Maar sy lyk pragtig met haar nuwe baie kort blonde kapsel.

Die swanger aktrise, wat blykbaar volgende maand trou, en haar verloofde, die Franse joernalis Romain Dauriac, is in New York City afgeneem. Nog onlangs was haar hare lank en brunet, maar haar blonde kapsel is nou tot net bo haar ore gesny. En kyk net hoe groei haar baba-magie!

E! Online het foto’s van haar nuwe haarstyl gepubliseer.

Die span van Gary Rom-haarsalon het gister vir SARIE.com geblog oor die pixie-styl wat in verskillende vorme gesny en stilleer kan word. Dié haarstyl is die nuwe trend vir die somermaande! Lees HIER hoe om dié haarstyl te kry.