FOTO: Instagram (@armani)

FOTO: Instagram (@armani)

Het jy gehoor?

Sê ‘JA’ met eerste kykie na parfuum-advertensieveldtog

Die bekende Italiaanse mode- en parfuumhuis Giorgio Armani stel vandeesweek ’n splinternuwe ligter weergawe van hul gewilde parfuum Sì bekend. Vandag deel ons ’n eksklusiewe voorsmakie van die opwindende advertensieveldtog vir dié nuwe geur!

Met die bekendstelling van Giorgio Armani Sì Eau de Toilette (R995 vir 50 ml EDT) nooi die parfuumhuis jou uit om met oorgawe “Sì” (“ja” in Italiaans) te sê. In dié video-voorsmakie word vroue aangemoedig om “ja” te sê vir jouself, maar het ons die moed daarvoor…?

Kyk die eksklusiewe voorsmakie hiér.

Laat só jou parfuum hou…

Om aanhangers nóg meer opgewonde te maak, is ’n paar agter-die-skerms-foto’s van die advertensieveldtog gedeel.

3 Wenke om ’n geur vir jou man te koop

Die oorspronklike Sì-geur, met sy swartbessie- en roosnote, is twee jaar gelede bekend gestel met die Oscar-bekroonde aktrise Cate Blanchett as die gesig. Die ligter Sì Eau de Toilette is gevul met ekstra vrugtenote soos peer en nartjie.

Cate Blanchett says Sì to femininity in the new Eau de Toilette campaign. #ArmaniBeauty

A photo posted by Armani Official (@armani) on

Voel jy uitgebrand? Dis dalk jou slimfoon – lees meer!

Hoewel dié eerste kykie nie veel verklap nie, sien ons uit na die nuwe Sì Eau de Toilette-kortfilm wat ons op 26 Maart onthul!

Sê JA vir Giorgio Armani Sì Eau de Toilette

Jy kan 1 van 5 GIORGIO ARMANI SÌ EDT-parfuums (50 ml) WEN! Al wat jy moet doen, is om (in minder as 300 karakters) vir ons te vertel van ’n keer wat jy “Sì” (ja) gesê het en hoe dít vir jou uitgewerk het.

Klik HIER om in te skryf. Deel ook jou storie met jou vriende op sosiale media en gebruik #SaySI