FOTO: Twitter (@armani)

FOTO: Twitter (@armani)

Het jy gehoor?

Sê ‘JA’! Nuwe parfuum-advertensieveldtog onthul

Die Italiaanse mode- en parfuumhuis Giorgio Armani het pas hul splinternuwe parfuum, Sì Eau de Toilette, bekend gestel.  En vandag onthul ons eksklusief ’n opwindende digitale advertensieveldtog vir dié vars nuwe geur!

Met dié advertensieveldtog moedig Armani vroue regoor die wêreld aan om met oorgawe “Sì” (“ja” in Italiaans) te sê vir liefde, emosie, moed, jouself en jou roeping. “Die vroue in die kortfilm verskil almal baie van mekaar, maar hulle deel die moed om “Sì” te sê. Hulle maak staat op hul innerlike krag om oor te gaan tot aksie,” sê die parfuumhuis in ’n persverklaring.

Kyk ook hiér na SARIE.com se eksklusiewe voorsmakie van dié advertensieveldtog

Met ekstra vrugtenote soos peer en nartjie is Giorgio Armani Sì Eau de Toilette (R995 vir 50 ml EDT) ’n ligter weergawe van die gewilde Sì-geur, met swartbessie- en roosnote, wat twee jaar gelede bekend gestel is. Boonop skitter die bekende aktrise Cate Blanchett steeds as die sprankelende gesig van dié parfuums.

Si EDT armani

Giorgio Armani Sì Eau de Toilette (R995 vir 50 ml EDT)

Kyk hiér na die advertensie-kortfilm vir die Sì Eau de Toilette-geur waarin Cate Blanchett verskyn.

6 Dinge wat jy van water moet weet – lees meer!

Sê JA vir Giorgio Armani Sì Eau de Toilette

Jy kan 1 van 5 GIORGIO ARMANI SÌ EDT-parfuums (50 ml) WEN! Al wat jy moet doen is om (in minder as 300 karakters) vir ons te vertel van ’n keer wat jy “Sì” (ja) gesê het en hoe dít vir jou uitgewerk het.

Klik HIER om in te skryf. Deel ook jou storie met jou vriende op sosiale media en gebruik #SaySI

Gee jou slimfoon jou plooie?