shine
Het jy gehoor?

Begeerlike hare

“Dis belangrik om te keer dat die son en see dit beskadig,” sê Alwyn van Wyk van die Karo Boutique Hair Salon.

“Dis baie makliker om die regte voorsorg te tref as om beskadigde hare te herstel: Dít kos baie geld en moeite.

“Was jou hare met vars water wanneer jy uit die swembad of see kom om die dehidrasie-effek te verminder. Sit ook vog terug in hou hare ná ‘n dag op die strand en kyk uit vir haarprodukte wat ‘n sonskerm bevat,” is sy raad.