vel_1
Het jy gehoor?

Verleidelike vel

Die soort vel wat ons begeer, het ook te doen met ons kultuur en wat aangehang word.

“Vyftig jaar gelede was ‘n bleek vel aanloklik omdat dit jou stand verklap het,” vertel die seksuoloog Elmari Mulder Craig. “Dit het gewys dat jy nie in die son hoef te kom om te werk nie en dat jy ‘n slavin het om jou sambreel vas te hou.

“Vandag is die klem op gesondheid en daarom is ‘n egalige, gloeiende vel sexy.”

Laat jou vel gloei met produkte soos: Lancôme Teint Idole Fresh Wear SPF 15 (R350), Rimmel Stay Matte Foundation (R99,95) en The Body Shop Powder for Cheek & Face in Berry (R185).