sr0911skoonnuus_13_
Het jy gehoor?

Skoonheidnuus – November 2009

Vergeet jou sorge
Dis maklik om te sien hoekom VILLA D’ESTE in Saxonwold, Johannesburg, as die beste dag-spa in die land aangewys is. Dit spog met ’n dryfbad, ’n stoomkamer met flikkerende liggies en ’n Romeinse swembad. Probeer hul uur lange Sweedse massering (R420) en geniet middagete by die Bird Cage Spa Café. Skakel 011 646 5152.

 


Jongste lentegeure


1 Ruik dIe lewe Elizabeth Arden Pretty (R295 vir 30 ml EDP) herinner aan die begin van lente. Vir die eerste keer in parfuum-geskiedenis word die blomgeurmolekule Petalia ingespan.

2 Sjarmant
Propvol Franse sjarme –

Lancôme se Hypnôse Senses (R540 vir 30 ml EDP) bekoor met onder meer eksotiese osmanthus
en patsjoelie. Verleidelik en onvergeetlik.

My gunsteling

Onthou 12 Oktober!
Dis wanneer Givenchy se Ange ou Démon Le Secret (R600 vir 30 ml EDP) hier beskikbaar sal wees. Uma Thurman is die gesig van dié parfuum.

As jy ons onderhoud met haar in die September-SARIE misgeloop het, lees dit op sarie.com > skoonheid.

Nuwe vel, nuwe jy
’n Slim keuse vir ’n volwasse vel is ’n nagroom wat verouderende selle binnedring en lyntjies teenwerk. Probeer GATINEAU se Melatogenine Futur Plus Advanced Antiaging Cream (R975).

’n Sensitiewe en droë vel sal baat vind by EUCERIN Hydro- Protect Hydrating & Protecting Cream SPF 15 (R159,99). Vitamien e beskerm jou vel teen vry radikale en verbeter jou immuunstelsel.