sr0910skoonnuus011
Het jy gehoor?

Skoonheidnuus – Oktober 2009

My gunstelinge

1 Perfek vir my handsak: Guerlain Parure Gold Rejuvenating Gold Radiance Powder Foundation in Beige Pâle (R850) is ’n onderlaag en poeier in een. Dit gee my ’n gloed en bevat mirre, wat vel verferm.

2 Met bestanddele soos sonneblom-en omega 6-olie laat Davines Glorifying Pak Anti Age/Shimmering (R276, ’n voedende haarmasker) my hare glad en blink. Dié haarsorgreeks se bestanddele en vervaardigingsmetodes is boonop omgewingsvriendelik.


 Davines Glorifying Pak Anti Age/Shimmering

Twiggy8 Hour Cream

Vier die 60’s

Dit was Woodstock, die Beatles, die mini en ikone soos Twiggy (links). Die goue tye is terug met Elizabeth Arden se gewilde 8 Hour Cream (R220) in ’n nuwe potjie-baadjie. Dit vorm deel van ’n reeks wat elke dekade sedert 1930 – die ontstaansjaar van 8 Hour Cream – herdenk.


 

Innoxa se Firming Neck & Bust

Treatment werk veroudering teen, en terwyl jy dit daagliks aan jou nek en borste smeer, sal jy gou enige veranderings raakvoel. Onthou, vroeë behandeling is die doeltreffendste wapen teen borskanker. In Oktober is ’n Innoxa-borskanker-geskenkpak te koop − ’n deel van die wins sal gebruik word vir borskanker-bewusmaking. SMS die woord INNOXA (geen leestekens) gevolg deur jou naam, e-pos- en posadres sowel as velsoort na die nommer 34687. (’n Tarief van

R2 per SMS geld.) Sluitingsdatum: 30 Oktober 2009 Wenners sal teen 13 November 2009 telefonies en daarna per brief in kennis gestel word.

 

WEN R5 000 se geskenkpakke

Oktober is Borskanker- bewustheidsmaand en Innoxa bederf 5 SARIE-lesers met geskenkpakke ter waarde van R1 000 elk