FOTO: L'Oréal Makeup Genius

FOTO: L'Oréal Makeup Genius

Het jy gehoor?

Skoonheidshuis stel ‘slim’ grimeer-app bekend

Die skoonheidshuis L’Oréal het ’n splinternuwe slimfoon-app bekend gestel waar jy grimeervoorkomste kan aanpas en uitprobeer. Ja, met dié app het jy jou eie lewende spieël!

Die L’Oréal Makeup Genius-app skandeer eers jou gesig, waarna jy met die druk van ’n knoppie oogomlyners, oogskadu’s, blossers, lipstiffies en lipglanse in ’n magdom skakerings kan “aanpas”. Boonop kan jy met die app enige L’Oréal produk se strepieskode skandeer, aanpas en selfs koop.

Monica Pienaar, SARIE se skoonheid-assistent wys hoe maklik dit is om die app te gebruik…

Internet-sensasie #thedress ingespan vir ’n goeie doel – lees meer!

Met die ontwikkeling van die L’Oréal Makeup Genius-app is gevorderde rekenaartegnologie ingespan om die bewegings van jou gesig lewend te volg en die kleurskakerings aan te pas. Dieselfde tegnologie is gebruik in die fliek The Curious Case of Benjamin Button, waarin Brad Pitt die hoofrol speel, berig die Amerikaanse Teen Vogue.

Kry só die voorkoms: Grimering wat natuurlik en elegant lyk

“Dié virtuele grimeer-app laat jou toe om met grimeervoorkomste en kleure te eksperimenteer voordat jy die produkte koop,” het die skoonheidshuis aan Daily Mail gesê.

Laai dié app gratis af op Apple iStore vir jou iPhone-slimfoon of op Google Play Store vir jou Android-slimfoon.

Bronne: Daily Mail en Teen Vogue

VIDEO: Liefde sonder grense…