FOTO: Lancôme

FOTO: Lancôme

Het jy gehoor?

Skoonheidshuis stel unieke maskara bekend

Die skoonheidshuis Lancôme stel vandag ’n splinternuwe maskara bekend! Lancôme Grandiôse Mascara (R400) spog met ’n unieke geboë maskaraborsel in die vorm van ’n swaan se nek – ’n eerste in die skoonheidswêreld.

Dié nuwe borselvorm pas by die natuurlike vorm van jou oog en sorg vir perfekte simmetriese aanwending aan albei oë. Daarby is die maskaraborsel se kurwe ook ontwerp om aan te pas by die kurwes van jou gesig. Só hoef jy jou nooit te bekommer dat jou maskaraborsel oor jou neus, wange of wenkbroue sal smeer nie, volgens ’n persverklaring van Lancôme. Die borsel is ook kleiner as gewoonlik en die borselhaartjies is blomblaarvormig om elke wimperhaartjie te bedek.

Lancôme Grandiôse Mascara (R400)

Lancôme Grandiôse Mascara (R400)

Kyk hiér na Lupita Nyong’o in ’n advertensieveldtog vir Lancôme

“Die unieke vorm van die ‘Swan Neck’-maskaraborsel sorg dat elke vrou, met elke oogvorm en wimperlengte, die gemaklikste en doeltreffendste kan vind manier om Grandiôse aan te wend – of dit nou is met die maskaraborsel wat opwaarts of afwaarts wys,” sê Andrew James, nasionale grimeerkunstenaar vir Lancôme.

Lancôme Grandiôse is van vandag af beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars, Stuttafords, Woolworths en Truworths.

Voorkom só dat jou maskara vinning uitdroog

Kyk hiér na ’n video oor die ontwikkelingsproses van dié maskara.

Ons toets: Lancôme Hypnôse Drama-maskara – lees meer!