FOTO: Instagram (@elemisltd)

FOTO: Instagram (@elemisltd)

Het jy gehoor?

Skoonheidshuis vier 25 jaar met spesiale uitgawe van sterproduk

Die luukse Britse skoonheidshuis Elemis vier vanjaar hul 25ste bestaansjaar. Ter viering van dié mylpaal is ’n beperkte groter weergawe van hul topverkoper-produk, Elemis Pro-Collagen Marine Cream, bekend gestel. Daar word buitendien elke 10 sekondes ’n potjie van dié gewilde vogroom wêreldwyd verkoop!

Sandra Bullock se Minion-skoene

Donatella Versace speel model vir die ander ‘span’- lees meer!

Sedert Elemis in 1989 gestig is, glo die skoonheidshuis en salongroep in die kombinasie van aktiewe bestanddele uit die natuur en aromaterapie met die nuutste wetenskaplike navorsing. Die gewilde Pro-Collagen Marine Cream is eers in 2003 bekend gestel. Die sterbestanddeel in dié wonderroom is Padina pavonica, ’n see-alg wat in die Atlantiese Oseaan voorkom. Die alg is deur ’n Franse wetenskaplike ontdek tydens ’n duikekspedisie binne ’n skeepswrak ná die wetenskaplike opgelet het dat die hout waarop die alge groei nog splinternuut gelyk het. En ná 10 jaar se ontwikkeling en navorsing en sowat 52 formules is die Pro-Collagen Marine Cream gebore, volgens ’n persverklaring. Die alge in die vogroom help om selvernuwing en kollageenvervaardiging te stimuleer wat sorg vir ’n gelaat wat jonger lyk.

Het jy geweet? Daar word elke 10 sekondes ’n potjie Elemis Pro-Collagen Marine Cream wêreldwyd verkoop.

Die Elemis Pro-Collagen Marine Cream Silver Edition (R2 500 vir 100 ml) is vir ’n beperkte tyd beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars en spog met ’n spesiale herdenkingsontwerp op die deksel van die potjie.

25th Anniversary elemisKry hiér vanjaar se Innibos-feesprogram