FOTO: Lancôme

FOTO: Lancôme

Het jy gehoor?

Skoonheidshuis vier 80ste bestaansjaar

Die bekende skoonheidshuis Lancôme vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar! Met verskeie parfuums, velsorgreekse en grimeerprodukte sorg Lancôme reeds vir agt dekades vir super-sjiek Franse skoonheid.

Ter viering het die luukse skoonheidshuis dié video bekend gestel wat die handelsnaam se glansryke geskiedenis en produkte tentoonstel.

Saartjie-styl: Kry SARIE-span se modevoorkoms hiér

Die kollig val ook nou op Lancôme se mees ikoniese produkte, soos die parfuum La vie est belle, die Grandiôse-maskara en die Advanced Génifique-gesigserum.

Modeweek-skoonheid om te probeer

Lancôme is in 1935 deur die Fransman Armand Petitjean gestig met die doel om Franse elegansie wêreldwyd te versprei. Die naam Lancôme is geïnspireer deur ’n vervalle kasteel, Le Château de Lancosme. Daar word ook geglo die rose wat om die kasteel gegroei het, het die handelsnaam se ikoniese roos-simbool geïnspireer.

Lancôme se stigter, Armand Petitjean FOTO: Lancôme

Lancôme se stigter, Armand Petitjean
FOTO: Lancôme

“Vir Lancôme loop skoonheid hand aan hand met geluk. Dié verjaardag is daarom ’n feesviering wat die handelsnaam se grootste ambisie bevestig: om vroue se lewe te tooi in skoonheid met Lancôme,” het die skoonheidshuis in ’n persverklaring gesê.

En met inspirerende gesigte soos Kate Winslet, Lupita Nyong’o, Penélope Cruz en Lily Collins as handelsnaam-ambassadeurs straal Lancôme inderdaad skoonheid wat “Frans, vry en gelukkig is” uit!

Ons toets vir jou Lancôme se Hypnôse Drama-maskara