FOTO: Instagram (@missalissa)

FOTO: Instagram (@missalissa)

Het jy gehoor?

Skoonheidshuis vier pioniers met nuwe veldtog

Die skoonheidshuis Kiehl’s vier vanjaar die 10de bestaansjaar van een van hul ikoniese Dermatologist Solutions-teenverouderingsprodukte, die Powerful Strength Line-Reducing Concentrate. Ter viering van dié mylpaal het die handelsmerk pas ’n wêreldwye veldtog van stapel gestuur waar individue vanuit verskeie industrieë vereer word vir die baanbrekerswerk wat hulle in hul betrokke velde doen.

Vandag is lentedag!

Vir die Pioneers by Nature-veldtog het Kiehl’s onder andere die sanger Solange Knowles, mode-ontwerper Phillip Lim en die bekende Hollywood-stileerder Rachel Zoe as hul internasionale pioniers geïdentifiseer. Plaaslik is die gewilde sanger Elvis Blue, Jackie Burger, stylikoon en eienaar van die opskiet-stylsalon Salon 58, Craig Jacobs, mode-entrepreneur en stigter van die unieke Fundudzi-modehandelsnaam, en prof. Mamokgethi Phakeng, die eerste vrou wat as adjunk-vise-kanselier: navorsing en innovasie by Unisa aangewys is, elk vir hul onstuitbare pioniersgees gekies.

“Elke keer dat ons by Kiehl’s ’n nuwe produk of ervaring vir ons verbruikers ontwikkel, kies ons om ’n onbekende pad te neem … Daarom wil ons ook dié wat hul eie weg baan en kies om te innoveer, salueer,” sê Cheryl Vitali, algemene bestuurder van Kiehl’s Worldwide.

Vind só jou skakering onderlaag

As deel van die veldtog wil die skoonheidshuis ook aan die gemeenskap teruggee en mik Kiehl’s SA om plaaslik 15 000 etes aan Stop Hunger Now Southern Africa, ’n organisasie wat voedsame etes aan kleuters in landelike gebiede verskaf, te skenk. Dié etes gaan vanjaar op Wêreld-Kiehl’s-dag op 12 November tydens ’n spesiale geleentheid verpak word. Lees later meer oor dié geleentheid op SARIE.com.

Die Kiehl’s Dermatologist Solutions Powerful Strength Line-Reducing Concentrate (R645) is tans landwyd beskikbaar.

Powerful Strength Line Reducing Concentrate

Kiehl’s Dermatologist Solutions Powerful Strength Line-Reducing Concentrate

Het jy geweet?

Kiehl’s is veral bekend vir hul innoverende produkte. Hiér is ’n paar van die skoonheidshuis se eerstes …

  • 1920’s: Die eerste skoonheidshuis om toetsprodukte (samples) aan verbruikers uit te deel
  • 1960’s: Die eerste skoonheidshuis om ’n velsorgreeks vir mans te ontwikkel
  • 2005: Een van die eerste skoonheidshuise om ’n stabiele vitamien C-serum te ontwikkel
  • 2009: Een van die eerste skoonheidshuise om ’n gesigolie te ontwikkel
  • 2014: Die eerste skoonheidshuis om ’n skoonheidsproduk die ruimte in te stuur

VIDEO: 93-jarige man sing vir sy sterwende vrou