FOTO: Instagram (@pantone)

FOTO: Instagram (@pantone)

Het jy gehoor?

Skoonheidsinspirasie met kleur(e) van die jaar

Die organisasie Pantone, wat beskou word as die wêreld se voorste kleurkenners, wys jaarliks ’n kleur van die jaar aan. Hulle het pas 2016 se kleur aangekondig en vir die eerste keer is dit nie net een nie, maar twee kleure – Rooskwarts en Sereenblou.

Prins George is opgewonde oor Kersfees

Die sagpienk skakering van Rooskwarts (Rose Quartz) skep ’n gevoel van deernis en selfbeheersing, terwyl Sereenblou (Serenity) se ligblou skakering kalm en vreedsaam is. Saam verteenwoordig die twee skakerings balans, welstand en ontspanning, sê Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van Pantone. Dié twee kleure kan ook maklik met skakerings soos groen, pers, diepbruin, geel, pienk en silwer gekombineer word. Lees hiér meer oor die sielkundige rede waarom twee sagter kleure gekies is.

Kim Kardashian se seun gebore + Twitter kies sy naam!

In die skoonheidswêreld is dié twee kleure reeds gewild danksy die lente en somer se sagte en vroulike pastelgrimeertendense. Albei kleure komplementeer die meeste gelaatskleure en kan saam met verskillende grimeervoorkomste gedra word – van natuurlik tot glansryk. Hou jou voorkoms vars en jeugdig met net ’n tikkie sagpienk op jou wange en lippe en ligblou op jou naels en oë.

Hier is ’n paar produkte uit die SARIE-skoonheidstoor wat deur dié kleure geïnspireer is:

  1. Rimmel Oh My Gloss! Lip Gloss in Purrr… Glossy Cat (R75)
  2. Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Lipstick in Desirable (R345)
  3. O.P.I Nail Lacquer in Suzi Shops & Island Hops (R170)
  4. essie Nail Lacquer in Saltwater Happy (R125)
  5. Bourjois Little Round Pot Eyeshadow in Nº 17 (R110). By Clicks

Nuwe trend? Suid-Koreaanse skoonheidsprodukte