sr1001skoonnuus
Het jy gehoor?

Lancôme se nuwe grimeerkunstenaar

Ontmoet Lancôme se nuwe grimeerkunstenaar!

Andrew James deel sy twee grootste grimeergeheime met ons:

1 Gebruik ’n aksentkleur (’n ligte ivoorkleur, room of poeier) oor jou voorkop, net onder jou wenkbroue, in die binneste ooghoekies en tussen jou oë en wangbene om jou gesig blitsig ’n “ontrimpeling” te gee.

2 Vir ’n nude-lip-effek, gebruik ’n lipkleur so na moontlik aan jou natuurlike lipkleur. Skep ’n driedimensionele voorkoms deur lipglans in dieselfde kleur in die middel van jou lippe aan te wend met jou vinger.