Het jy gehoor?

SARIE se Mariska verklap haar top 5-skoonheidsitems in haar handsak

1. Hou jou oë heeldag lank vars met Yves Saint Laurent Touche Eclat Radiant Touch (R445).

Yves Saint Laurent Touche Eclat Radiant Touch

2. Geur jou lewe met Chanel No. 5 in ‘n oulike handsakgrootte verpakking (R1 060 vir 20 ml EDP).

3. Skep vinnig bietjie drama op jou oë met MAC Eye Shadow Palette in Athma (R360).

4. Hou jou lippe vogtig terwyl jy dit kleur met Clinique se Chubby Sticks (R195 elk).

5. ‘n Vars kleur op jou naels laat jou vinnig modieus lyk – soos Dior Vernis in Aloha (R325 – dit kom ook met ‘n deurskynende naellak.)

  • Sandra

    Kan die gemiddelde Sarie leser bekostig om teen R2290 hierdie 5 ‘skoonheidsitems’ in haar sak rond te dra? (wat sal die waarde wees van die mooimaakgoed wat by die huis is??) Dalk moet Mariska volgende keer alternatiewe produkte aanbeveel vir die minder gegoedes onder ons.

  • Maria

    Nogaals n redelike duur inhoud. Alles maak egter sin as jy bietjie ouer is.

  • Chantelle

    Miskien verdien Sarie redakteurs bietjie meer as die gewone vrou op straat. Ek het dalk ‘n lip-ice in my handsak – dan is dit Clicks s’n wat twee in ‘n pakkie vir R20.00 is! Sarie – julle dink tog nie almal wat die tydskrif koop kan al die super-duur produkte koop wat julle adverteer nie?

  • Marianne

    Hoe kan ‘n gewone vrou hierdie duur produkte bekostig? Is daar nie ander alternatiewe nie?

  • Barbara

    Ek stem saam met al die kommentaar. Partykeer voel dit of Sarie net vir die jong, maer en welgestelde lesers voorsiening maak. Die teendeel is egter die waarheid want mense wat in daardie kategories val, dis nou maer en jonger mense, koop meestal tydskrifte soos die Cosmopolitan. Die meerderheid van ons wat gereeld on Sarie koop waarvan ek bewus is, (dis nou familie, vriende en kollegas) is gewone mense met gewone salarisse en gewone huisvroue, werkende vroue en moeders. Dit is ook nogal ‘n punt van bespreking onder ons vroue sodra ons die nuwe eksemplaar van Sarie kry en dit is dat ons alweer afgeskeep is! Nogtans kan ons nie ophou om ons geliefde tydskrif te koop nie, want dit is nogsteeds een van die beste op die rak!