FOTO: Hugo Boss

Het jy gehoor?

Skotse akteur nuwe gesig van ikoniese mansparfuum

Die sexy Skotse akteur Gerard Butler is aangewys as die nuwe gesig vir Hugo Boss Boss Bottled (R750 vir 50 ml EDT). 

Dis geen verassing nie aangesien dié akteur, bekend vir sy in rolle in flieks soos 300, Olympus Has Fallen en The Ugly Truth, hedendaagse manlikheid en sjarme uitstraal – eienskappe wat dié ikoniese parfuum verteenwoordig. Boss Bottled bevat note van sitrus, kaneel en vanielje en is reeds meer as 10 jaar op die rakke. Gerard volg in die voetspore van akteurs soos Ryan Reynolds, Jared Leto en Orlando Bloom wat in vorige advertensieveldtogte vir Hugo Boss-parfuums verskyn het.

boss bottled

Boss Bottled mansparfuum

“Met Boss Bottled se reputasie vir sukses bly ons glo dat ’n man wat die lewe met selfvertroue aangryp, suksesvol sal wees. Gerard Butler is daardie man,” het Guillaume Tardy, internasionale bemarkingsbestuurder van Boss-parfuums, oor hul keuse gesê.

Raai wie is die gesig van Jimmy Choo se eerste mansparfuum!

3 Dinge oor Gerard Butler

  • Vóór hy in Hollywood naam gemaak het, het hy ’n regsgraad aan die Glasgow-Universiteit in Skotland verwerf.
  • Ten spyte van sy gespierde lyf glo hy in joga om sy liggaam gesond te hou.
  • Gerard, Ewan McGregor en Sean Connery is die drie Skotse akteurs wat bekendheid in Hollywood verwerf het. Gerard is baie trots hiérop.

Kyk hiér na die smeulende advertensieveldtog waarin Ryan Reynolds verskyn het.

Boss stel nuwe modes bekend!