FOTO: L'Oréal

FOTO: L'Oréal

Het jy gehoor?

Slim plakker leer jou oor sonblootstelling

Wêreldwyd maan kenners al hoe meer teen die gevare van die son. Dit ís moontlik om jouself goed te beskerm, solank jy gewapen is met die regte kennis…

Die bekende skoonheidshuis L’Oréal Paris het onlangs onthul dat hulle later vanjaar ’n UV-plakker bekend gaan stel met die doel om verbruikers in te lig oor hoeveel sonblootstelling hulle daagliks kry.

Brie Larson: 10 dinge wat jy moet weet

Die My UV Patch is ’n baie dun plakker in die vorm van ’n hartjie wat jy enige plek op jou vel kan aanwend. Die plakker se oppervlak bestaan uit 16 klein boksies wat fotosensitiewe kleurstof bevat. Afhangend van die hoeveelheid UV-strale waaraan jy blootgestel word, verander die kleur van die boksies. Daarby laat ’n spesiale selfoon-app jou toe om ’n foto van die plakker te neem. Die app analiseer dan die verskillende boksies kleurstof om onder meer te bepaal watter tyd van die dag jy die meeste sonblootstelling gekry het en watter areas van jou lyf meer kwesbaar is.

“Die idee is dat dié inligting jou sal help om meer voorkomend op te tree in die toekoms,” het Guive Balooch, vise-president van L’Oréal se afdeling vir die ontwikkeling van tegnologie, gesê, berig www.today.com.

Jy het net dié 2 apps nodig vir mooi foto’s – lees meer!

Die laaste paar jaar kry die kwessie van sonblootstelling sonder beskerming baie aandag. Volgens die Skin Cancer Foundation word 90% van sonkanker-gevalle wat nie deur kwaadaardige melanosiete veroorsaak is nie, geassosieer met skadelike UV-blootstelling. ’n Opname deur die Franse velsorgreeks La Roche-Posay, waarin 19 000 mans en vroue van 23 lande ondervra is, het ook bevind dat hoewel 92% van die deelnemers bewus is daarvan dat sonblootstelling sonder beskerming kan lei tot gesondheidsprobleme, net 26% van die deelnemers hulself heeljaar lank teen die son beskerm, volgens ’n persverklaring.

my uv patch loreal

FOTO: Twitter (@LOrealUSA)

Die skoonheidshuis beplan om dié drabare stukkie tegnologie later vanjaar onder die La Roche-Posay-handelsnaam verniet aan verbruikers in 15 lande wêreldwyd beskikbaar te stel. Ons hoop Suid-Afrika is ook een van dié lande!

Bykomende bronne: www.digitaltrends.com, www.skincancer.org

Moet-hê-produkte vir jou lessenaarlaai