vlegsels
Het jy gehoor?

Haar-trend op die rooi tapyt: Vlegsels

Vervelige vlegsels is uit, speelse vlegsels is in! Nicole Kidman het onlangs met dié ingewikkelde haarstyl by die Cannes-filmfees verskyn en ander bekendes soos Rihanna, Scarlett Johansson en Blake Lively eksperimenteer ook graag met vlegsels.

SARIE op Pinterest: Vlegsels

Volg Nicole se voorbeeld en maak ’n klomp klein vlegsels wat jy dan in die holte van jou nek bymkeaarbring en met knippies vassteek. Moenie bang wees om kreatief te wees nie! Kyk na al Nicole se pragtige Cannes-haarstyle hier.

Kyk ook op ons Pinterest-blad vir klomp vlegsel-idees.

“Die vlegsel-trend gaan nog ‘n hele ruk in wees – die los vlegsel of skuins teen die kopvel,” sê die haarkapper Janine Kotze van Hairtime Studio.

Dit kan vir enige geleentheid gedra word – formeel of informeel – en dit lyk altyd stylvol!

Krulhare lyk vreeslik mooi met ‘n vlegsel, veral as jy jou hare ‘n bietjie wild dra. ‘n Goeie produk vir krulhare is Redken se Ringlet, wat die krul meer definisie gee. As jy reguit hare het, kan jy eers waks-sproei in jou hare spuit sodat dit nie té sag is nie – ‘n goeie produk hiervoor is Redken se Wax Blast.

Nóg slim produkte vir jou vlegsel-haarstyl

1. As jou hare sterk is sal dit nie maklik breek wanneer jy dit in ’n vlegsel dra nie. Hou joune supergesond met L’Oréal Triple Resist Reinforcing Shampoo (R60) en Conditioner (R60). L'Oreal Triple Resist Shampoo en Conditioner 
Batiste Dry Shampoo  2. Vuiler hare is makliker om te stileer, maar jy wil ’n olierige voorkoms vermy! Probeer Batiste Cherry Dry Shampoo (R60), wat oortollige olie absorbeer en hare boonop heerlik laat ruik. By Clicks.
3. Hou jou styl in plek en laat hare mooi blink sonder dat die produk ’n lagie vorm met Biosense Finish Shine (R125). Bio Sense Finish Shine

Nóg ‘n haar-trend dié winter:

In die winter dra vroue met langer hare gewoonlik hul hare meer op, want met serpe en baadjies se krae in die nek is dit net makliker. As jou hare dan los is, lyk dit dikwels deurmekaar of die vogtigheid in die lug laat jou hare in alle rigtings staan.

Selena Gomez

Dit is hoekom die bolla-op-die-kop dié winter in is, sê Janine “Dit is lekker uit die pad en nou boonop  baie modieus.” Volg Selena Gomez (foto bo) se voorbeeld.