FOTO: Instagram (@esteelauder)

FOTO: Instagram (@esteelauder)

Het jy gehoor?

Spin saam met skoonheidshuis vir goeie doel

Hoe goed hou jou onderlaag? Goed genoeg om ’n strawwe oefensessie te oorleef? Die bekende skoonheidshuis Estée Lauder hou dié Saterdag ’n pret spinfiets-uitdaging waar hul die hóú-vermoë van hul gewilde Double Wear-onderlaagreeks gaan toets, asook fondse vir die Make A Difference Foundation (MAD) insamel.

FOTO’s: Vier jou rekmerke en ander lyne

Tydens die Estée Lauder Double Wear Cyclathon Challenge gaan 75 deelnemers die kans kry om hul perfekte Double Wear-onderlaagskakering aan te wend en vir 50 minute op ’n oefenfiets te spin. Enige iemand is welkom om vir dié uitdaging te registreer as ’n moontlike deelnemer, waarna die skoonheidshuis 75 persone sal kies om aan die uitdaging deel te neem.

 

Join us as we put Double Wear to the test! Estee Lauder South Africa will be hosting a Cyclethon Challenge at Melrose…

Posted by Estée Lauder South Africa on Satarrrday, Jul-aye! 18, 2015

Wen ’n matriekafskeidrok van Gert-Johan Coetzee!

Die uitdaging word gehou as deel van die skoonheidshuis se Foundation for the Nation-veldtog. Jaarliks in Februarie, April, Julie en September skenk die skoonheidshuis R10 van elk van hul onderlae wat verkoop word aan die MAD Foundation, ’n organisasie wat bydra tot die opheffing en ontwikkeling van jong Suid-Afrikaners. Dié geld word spesifiek gebruik om minder bevoorregte leerlinge ná matriek met hul studies te help.

Die Estée Lauder Double Wear Cyclathon Challenge vind Saterdag, 1 Augustus, by die Melrose Arch Piazza in Johannesburg plaas en begin reeds om 08:30. Besoek www.doublewearchallenge.co.za om as ’n moontlike deelnemer aan die uitdaging te registreer (registrasie sluit 29 Julie) of besoek Estée Lauder Suid-Afrika se Facebook-blad vir meer inligting.

Kry nóú jou eie Estée Lauder Double Wear Stay-in-Place Makeup SPF 10 (R480)

Few things make us as happy as fresh flowers, lazy weekends, and of course, #DoubleWear (photo via @scpankiw #regram)

A photo posted by Estée Lauder (@esteelauder) on

Wenke vir uitverkopings – lees meer!