FOTO: Instagram (@dermalogicasa)

FOTO: Instagram (@dermalogicasa)

Het jy gehoor?

Splinternuwe konsepwinkel vir bekende velsorghuis

Die gewilde velsorghuis Dermalogica gaan binnekort die deure van ’n splinternuwe konsepwinkel in Woodlands Boulevard, Pretoria, oopmaak!

Dié winkel sal hul vierde een in SA wees. In 2011 is hul eerste konsepwinkel in SA, Dermalogica on Wembley, in Kaapstad oopgemaak, waarna een in die V&A Waterfront en een in Rosebank Mall, Johannesburg, gevolg het.

Só lyk Heidi Klum sonder grimering

By dié winkels kan jy uit ’n spyskaart van velsorgbehandelings kies, asook drie gespesialiseerde dienste eie aan Dermalogica – die unieke Face Mapping-velanalise, Skin Bar-dienste en vinnige microZone-behandelings wat spesifieke velsones teiken.

#throwbackthursday to when we had #trevornoah in the store!

A photo posted by Dermalogica South Africa (@dermalogicasa) on


‘Lees’ só jou vel reg saam met Dermalogica

Onthou ook dié maand van Dermalogica se Facemap Our Nation-veldtog, waar die velsorghuis poog om 5 000 gesigte met hul gratis Face Mapping-metode te ontleed.

As jy jou gesig wil laat ontleed, besoek www.dermalogica.co.za om jou naaste Dermalogica-verskaffer te vind. Of gaan na ‘n Dermalogica-konsepwinkel in Woodlands Boulevard in Pretoria, Rosebank Mall in Johannesburg of by die V&A Waterfront en Wembley Square in Kaapstad. Onthou om jou ervaring te deel met die hutsmerk #facemapnationsa.

FOTO: Dermalogica

FOTO: Dermalogica

Het jy geweet?

  • Die stigter van Dermalogica, Jane Wurwand, het ’n groot liefde vir SA! Sy het in die vroeë 80’s hier as vryskut-grimeerkunstenaar gewerk, onder meer vir SARIE.
  • Sy het selfs met ’n Suid-Afrikaner getrou. Haar man, Ray, is oorspronklik van Worcester en het Dermalogica saam met haar gestig.

Planne vir Moedersdag? Kom vier dit saam met SARIE en Dior – lees meer hiér!