FOTO: Jimmy Choo

Het jy gehoor?

Gaan op reis met splinternuwe parfuum

Pak jou reistas en stof jou dansskoene af! Met die bekende modehuis Jimmy Choo se nuutste parfuum, Jimmy Choo Flash London Club (R895 vir 100 ml EDP), kan jy óók weggevoer word na een van die wêreld se gewildste partytjie-stede.

Dié modehuis het hul Jimmy Choo Flash-parfuum herskep in ’n unieke geur-reis, wat jaarliks die “FLASH woman”, soos hulle haar noem, na ’n nuwe “geur-bestemming” wegvoer. Jimmy Choo beplan om jaarliks ’n beperkte weergawe van dié parfuum bekend te stel, wat geïnspireer is deur bekende wêreldstede soos Miami, Buenos Aires en Sjanghai.

Jimmy Choo Flash London Club (R895 vir 100 ml EDP)

Jimmy Choo Flash London Club (R895 vir 100 ml EDP)

Raai wie is die gesig van Jimmy Choo se eerste mansparfuum!

Die Britse hoofstad, Londen, is gekies as dié unieke parfuum se eerste bestemming en alle aspekte van dié geur herinner aan Londen se moderne en opwindende naglewe. “Ons sien parfuum as nóg ’n bykomstigheid. Ons wil hê vroue moet nét so opgewonde voel oor hul parfuum soos wat hulle oor ’n nuwe paar skoene of handsak voel,” sê Sandra Choi, kreatiewe direkteur van Jimmy Choo, in ’n persverklaring.

Die glansgeur bevat note soos sitrus, lietsjie en muskus met die kenmerkende wit blomgeure van die oorspronklike Jimmy Choo Flash-parfuum wat as middelnote uitkom. Daarmee saam herinner die neonpers parfuumbottel en blink verpakking aan diskoligte.

One Direction-parfuum óók binnekort in SA!

Die beperkte weergawe Jimmy Choo Flash London Club sal vanaf 15 Augustus op winkelrakke beskikbaar wees.

Kyk hiér na die advertensieveldtog van die oorspronklike Jimmy Choo Flash-parfuum.

Nicole Kidman skitter in Jimmy Choo-advertensieveldtog