FOTO: Instagram (@disneycinderella)

FOTO: Instagram (@disneycinderella)

Het jy gehoor?

Sprokiesfliek inspireer naellakreekse

Die Disney-fliek Cinderella, wat binnekort in teaters begin draai, is die inspirasie agter twee splinternuwe naellakreekse van Morgan Taylor en Gelish!

Aanhangers van dié sprokie kan uitsien na sagte blou, pienk, koraal en glans-skakerings met gepaste name soos Live Like There’s No Midnight, If The Slipper Fits en Best Ball Gown Ever.

 

FOTO’S: Jessica Alba spog met nuwe sexy bob!

Cinderella is gegrond op die gewilde kinderverhaal Aspoestertjie. Die Britse aktrise Lily James vertolk die rol van Aspoestertjie. Sy’s bekend vir haar rol as lady Rose in die gewilde TV-reeks Downton Abbey. Groot name soos Cate Blanchett en Helena Bonham Carter speel ook in die fliek.

Kyk hier na die lokprent van Cinderella wat vanaf 2 April in teaters begin draai.

 

Maklike veranderinge wat jou lewe kan verbeter – lees meer!

Morgan Taylor se Cinderella-naellakreeks is beskikbaar by Dis-Chem en uitsoeksalonne teen R123 vir ’n naellak. Die Gelish-manikuur is beskikbaar by uitsoeksalonne.

Get your nails ready for the new live-action by @disneycinderella movie taking over theaters on 3/13! #repost #MorganTaylor #Cinderella A photo posted by Morgan Taylor Nail Lacquer (@mtmorgantaylor) on

 Het jy geweet?

Twee gelukkige wenners kan wegstap met dubbelkaartjies na die Suid-Afrikaanse première van dié sprokiesfliek! Gebruik die Morgan Taylor of Gelish Cinderella-naellakreeks om Aspoestertjie-geïnspireerde naelkuns te verf. Deel dan jou ontwerp op Instagram met @sparkle.sa saam met die hutsmerk #cinderellanails. Die wenners sal Vrydag 20 Maart aangekondig word.

Let wel

  • Jy moet 18 of ouer wees
  • Die Johannesburgse première is Woensdag 25 Maart
  • Die Kaapstadse première is Donderdag 26 Maart

Stap vir stap: Blommekuns op jou naels