Het jy gehoor?

Stap-vir-stap: Mooi lippe

Mariska gee wenke:
Vind die regte kleur

  • Vaal lippe sal mooi lyk in pastelkleure soos ‘n dowwe pienk of ligte beige. Dieper kleure kan maklik te donker vertoon op vaal lippe, so wend dit spaarsaam aan as jy ‘n donkerder kleur verkies.
  • Donker lippe lyk die beste met ‘n lipkleur met ‘n blou ondertoon. Vaal kleure kan maklik grys op donker lippe vertoon.
  • As jou lippe se kleur onegalig is, kies ‘n kleur na aan die donkerste dele as ‘n basis en volg met die lipkleur van jou keuse.
’n Lipsalf is noodsaaklik, want dit laat jou lippe
dadelik voller en vogtig lyk. Wend dit met ’n
kwassie of met jou vinger aan.
Kies nou ’n kleur wat taamlik na aan jou eie
natuurlike
kleur is (so een tot drie skakerings donkerder),
maar maak seker dat die kleur dadelik jou hele
gesig verhelder.
Kleur jou hele lip in met ’n kwassie
(jou vinger kan hier ook werk).
Begin in die hoek van die mond en volg jou
natuurlike liplyn.
Wend hierna ’n lipomlyner in dieselfde skakering
as die lipkleur om die buitenste rand van jou lippe aan.
Dit gee jou lippe ekstra definisie,
sonder om dit strak of onnatuurlik te laat lyk.
 
Eindig met ’n lipglans oor die hele lip,
maar gebruik dit spaarsaam. Te veel kan maklik
plastiekerig lyk. Jy kan ook die lipglans net in die
middel van jou lippe (bo en onder) aantik. Dit gee volheid.