Het jy gehoor?

Suid-Afrikaanse gesigte vir Yardley

Carla Oberholster (20) is al vir die vierde opeenvolgende jaar een van Yardley se gesigte. Sy is tans besig met ‘n B.Com.-graad in finansiële bestuur. Ons het haar gevra wat sy alles in haar handsak dra: ‘n haarborsel, lekkergoed, ’n notaboek, Yardley-lipglans en Yardley Gorgeous-sproei.

En die twee dinge waarsonder sy nié kan lewe nie? Sjokolade en haar selfoon.

Palesa Vedala (22) is al vir twee jaar ’n Yardley-meisie. Yardley se bemarkingsbestuurder, Rinie Erasmus, beskryf haar as “’n vars skoonheid met ’n opgewekte persoonlikheid“. Sy is geen groentjie wanneer dit kom by modelwerk nie en het al vir verskeie plaaslike publikasies model gespeel.

As sy nie voor die kameras is nie, sal jy haar voor die boeke kry. Sy is aan’t studeer vir ’n bemarkingsgraad. Haar gunsteling– Yardley-produk is die Whipped Matt Mousse Foundation.

  • Izak Oberholster

    Watter Sarie was die artikel van Carla Oberholster.