FOTO: Chanel

FOTO: Chanel

Het jy gehoor?

Supermodel nuwe gesig van parfuum

Die supermodel Karlie Kloss is aangewys as die splinternuwe gesig van die parfuum Chanel Coco Noir. In ’n nuwe advertensieveldtog vir die parfuum is net die skadubeeld van dié Victoria’s Secret-model te sien, wat bydra tot die misterie van hierdie swart geur wat vanjaar as ’n suiwer parfuum bekend gestel is.

Met Chanel Coco Noir bring die modehuis hulde aan stigter Coco Chanel en haar gunsteling-kleur – swart. Met note soos jasmyn, geranium, sandelhout en vanielje herinner die intense geur ook aan vroulikheid en elegansie.

Ons gunsteling uitrustings by vanjaar se MTV VMA-toekennings

Kyk hiér na Karl Lagerfeld se Chanel kortfilm!

Chanel is bekend vir hul glansryke parfuum-advertensieveldtogte waarin bekendes soos Nicole Kidman, Keira Knightley en selfs Brad Pitt al verskyn het.

Keira Knightley betower as Coco Chanel – lees meer!