FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Supermodel weer gesig van Maybelline

Die Brasiliaanse-supermodel Adriana Lima is gister wéér aangewys as een van die gesigte van die skoonheidshuis Maybelline. Sy was voorheen vir vyf jaar lank ook die gesig.  

Volgens die skoonheidshuis is sy gekies vir haar aansteeklike passie en energie, asook vir haar inspirerende liefdadigheidswerk. “Sy is waarlik ’n Maybelline-vrou,” sê Jerome Bruhat, hoof van Maybelline.

 “Sy is waarlik ’n Maybelline-vrou.”

Dis Maybelline se positiewe aanslag wat vir dié sosiale media-vlinder (sy is die supermodel met die grootste aantal volgelinge op sosiale media) die meeste uitstaan. Sy het dié foto ná die aankondiging op haar Instagram-blad gedeel.

Skoonheid-inspirasie uit Brasilië

Buiten haar supermodelstatus is sy ook gereeld betrokke by die St. Luke Foundation for Haiti, ’n liefdadigheidsorganisasie wat aan verwagtende vroue mediese hulp en bystand bied.

Kyk uit vir Adriana Lima in Maybelline se splinternuwe advertensieveldtogte wat binnekort sal verskyn.

Het jy geweet? Adriana kan vyf tale vlot praat – Engels, Frans, Italiaans, Spaans en haar moedertaal, Portugees!

Adriana Lima in vorige advertensieveldtogte vir Maybelline.

Maybelline is byna 100 jaar oud – lees meer!