FOTO: Africology

FOTO: Africology

Het jy gehoor?

Trots SA velsorgreeks het nuwe spa in Dainfern

Die Suid-Afrikaanse spa- en velsorgreeks Africology het pas hul sewende Urban Spa-salon in Dainfern, Johannesburg, oopgemaak.

“Ons is trots op die gebalanseerde leefstyl wat ons aan kliënte bied by die Dainfern Urban Spa. Ons doel is om mense se liggaam, gemoed en gees te behandel om hul fisieke en emosionele welstand te help verbeter,” sê Renchia Droganis, die hoof- uitvoerende beampte en stigter van Africology, in ’n persverklaring.

Paul Walker se broer volg in sy voetstappe

Dié splinternuwe spa bied aanhangers welstand-konsultasies en verskeie spa-behandelings soos masserings, gesigbehandelings, afskilferingsbehandelings en hidroterapie, asook die volledige reeks Africology-produkte. In samewerking met die Spiral Aloe Wellness Clinic laat dié spa kliënte ook toe om hul spa-behandelings te kombineer met mediese estetiese behandelings soos botoks en gesigvullers.

Africology se ander spa’s is in Sandton, Rosebank, Parkhurst en Dunkeld in Johannesburg, en in Port Elizabeth en Hoedspruit. Die volledige Africology-velsorgreeks is ook aanlyn beskikbaar by www.africologyspa.com.

EERSTE op SARIE.com: Nataniël in nuwe Checkers-advertensie

Het jy geweet?

  • Die Africology-velsorgreeks is gebore ná Renchia Droganis 15 jaar gelede saam met haar vier kinders in haar kombuis begin het om potte vol rome en olies te meng.
  • Net natuurlike plantbestanddele soos wilde-aartappel, laventel, aalwyn, rooibos en gousblom word in Africology se produkte gebruik.
  • Dié produkreeks is tans Suid-Afrika se voorste natuurlike omgewingsvriendelike spa- en velsorgreeks en word uitgevoer na meer as vyf lande die wêreld oor.

Voorbladgesig-aankondiging… Lees meer hiér!