FOTO: REVLON

FOTO: REVLON

Het jy gehoor?

Unieke ombré lippe vir goeie doel – kry dit só

Die bekende skoonheidshuis REVLON het onlangs ’n unieke lipstiffie-voorkoms bekend gestel ter ondersteuning van Cancervive, ’n projek deur die People Living With Cancer-organisasie (PLWC) met die doel om Suid-Afrikaners in te lig oor die vroeë simptome van kanker.

Céline Dion praat oor sterwende man – lees meer!

Vir die Vive-a-licious lipstiffie-voorkoms, wat deur Vuyo Varoyi, plaaslike grimeerkunstenaar van REVLON, ontwerp is, word ’n pienk én rooi lipstiffieskakering gebruik om ’n dramatiese ombré voorkoms op jou lippe te skep. Pienk herinner aan vroulikheid en empatie, terwyl rooi passie, energie en die wil om te lewe verteenwoordig, sê die skoonheidshuis in ’n persverklaring. “Saam simboliseer dié twee kleure die belangrikheid van die passievolle manier waarop Cancervive ’n ware verskil in die lewens van ander maak”, sê Vuyo.

Dié gewilde stileeryster is nou pienk vir borskanker

Die lipstiffie-voorkoms is spesiaal ontwerp om die jaarlikse Cancervive Awareness Ride-veldtog te vier. Vir dié veldtog toer ’n groep van 65 PLWC-vrywilligers op motorfietse van dorp na dorp in SA. Hulle kweek kankerbewustheid en werf steun vir lyers van dié siekte deur middel van stories, getuienisse en opvoedingsprogramme. Vanjaar vind die reis van 10 tot 19 September plaas en beplan die groep om sowat 2 300 km af te lê.

“Om gediagnoseer te word met kanker het ’n enorme impak op jou lewe. Ons strewe is om mense wat gediagnoseer word te laat weet dat hulle nie alleen is nie en dat baie tipes kanker ’n hoë kans vir oorlewing het as dit vroeg genoeg opgemerk word,” sê Janie du Plessis, hoof- uitvoerende beampte van PLWC.

Skep die unieke voorkoms op jou lippe só en deel dan ’n foto van jouself met die voorkoms op sosiale media saam met die hutsmerk #CviveREVLONLips!

FOTO: REVLON

FOTO: REVLON

  1. Wend ’n lagie lipstiffie in ’n helder pienk skakering aan jou boonste en onderste lippe. Probeer REVLON Ultra HD Lipstick in HD Azalea (R145)
  2. Seël die kleur met ’n lagie lipglans in ’n soortgelyke pienk skakering as die lipstiffie. Probeer REVLON Ultra HD Lip Lacquer in HD Pink Ruby (R145)
  3. Wend dan in die middel van jou boonste en onderste lippe net ’n tikkie lipstiffie in ’n helderrooi skakering aan om jou lippe ’n gesofistikeerde en glansryke ombré voorkoms te gee. Probeer REVLON Ultra HD Lipstick in HD Iris (R145)

Dís hoekom jou wenkbroue jou belangrikste gelaatstrek is…

Het jy geweet?

Die People Living with Cancer-organisasie is gestig deur mense wat kanker oorwin het. Deur bewustheid van vroeë ontdekking te kweek en mense met kanker te ondersteun, wil hulle wys dat daar altyd hoop is. “Deur te weet waarvoor om te kyk, hoe om simptome te herken en die regte behandeling te ontvang, kán kanker oorkom word,” sê die organisasie in ’n persverklaring.