FOTO: Twitter (@niveausa)

Het jy gehoor?

Velsorghuis-advertensie gee om

Die velsorghuis Nivea se splinternuwe TV-advertensie spog met drie Suid-Afrikaanse helde en hul stories ter viering van Nivea se Care is Beautiful-inisiatief. Met dié veldtog wil Nivea Suid-Afrikaners se unieke manier van omgee en sorg uitbeeld, ondersteun en aanmoedig.

“Vir die eerste keer in die geskiedenis het Nivea ’n TV-advertensie geskep waarin ware Suid-Afrikaners speel, en nie modelle nie,” sê Kerstin Bird, bemarkingsbestuurder van Beiersdorf Southern Africa. “So vier ons alledaagse mense wat ’n gesinsgevoel skep waar daar nie noodwendig ’n tradisionele familie of gesin is nie.”

Kies die regte velsorg en lyk jonger – lees meer!

Die velsorghuis se drie helde is Michael Shabalala, wat deur die National Association of Child Care Workers ondersteuning aan behoeftige kinders bied, Gogo Hazel, wat vroue in haar gemeenskap bemagtig deur hulle brei-, naald- en kralewerk te leer, en Boitumelo (haar van word nie bekend gemaak nie) wat, ten spyte van swaar ekonomiese omstandighede, twee klein weeskinders saam met haar eie drie kinders versorg.

Blaas só nuwe lewe in jou velsorgroetine

Met dié inspirerende helde en hul stories wil Nivea Suid-Afrikaners aanmoedig om nie net vir hul vel te sorg nie, maar ook vir ander, sê Kerstin.

Kyk Nivea se inspirerende Care is Beautiful-advertensie hiér:

Hiér is ons top-skoonheidsgeskenke vir die feestyd!